Newsletter APRIL 2018

Bcard back.jpg

View this email in your browser

Supporting the Needy
Sharing God’s Love * Bringing Hope
Making Dreams Come True
Breaking the Chain of Poverty


 
This year we are celebrating 20 YEARS of caring, praying, growing, empowering and helping the community of Pretoria West.
 
This journey has been an amazing blessing, with God’s hand, grace, and mercy always guiding our organization to support and transform the lives of many individuals and families.
 
It’s not about simply handing out to those in need. It’s about staying true to and developing a system where as soon as primary needs are met, the individual has to join a group where we can help and assist physically and emotionally. By giving the necessary emotional support, helping to promote self-esteem, and enabling people to help themselves, we change lives every day.
It’s impossible to do what we do, without our loyal supporters and donors. Thank you for believing in our vision over the years. Thank you for feeding a hungry child, clothing a Senior Citizen in winter, sharing the Word of God, helping our children experience the sea for the first time, sending a young teen to boarding school, making a dream of further studies come true, helping a parent find a place to work. Thank you for every volunteer! Our work can’t be done without you, and we thank you.
 
 Join us this year for any one of our events to celebrate:
 

 ELEOS
 20 YEARS OF MERCY

 

186cd7f0-dce5-457e-976c-aacf3dbdc151.jpg

Kids Camps

“ Tannie, die kos was so baie en lekker, ek het in my eie bedjie geslaap en ….” toe rol die trane. “ Tannie, ek is so bang by my huis. Help my.”
 
Hierdie is een stemmetjie uit vele kinders wat ons jaarliks op die ELEOS Kids Camps neem.
Liz (naam verander) is 12 jaar oud. Sy is dankbaar vir elke ietsie wat sy kry. Ons kon sien hoe sy die kamp geniet, maar die vrees en seer in haar gesiggie was onmisbaar. Sondagaand tydens die kamp, begin sy vertel van die mishandeling wat sy, haar ouer sussie en haar ma moet deurgaan. Die omstandighede is haaglik en as gevolg van haar pa se drank en dwelmprobleem slaap hulle soms buite, omdat hy so geweldadig is. Sy vertel meer van haar vrese en haar pa se obsessie met gewere.  Ons besef die kind is in lewensgevaar. Met ons span terapeute en maatskaplike werkers, kon ons hierdie gesin help.
 
Die ELEOS Kids Camps maak ‘n groot verskil in kinderlewens.  Die individuele aandag en liefde wat die kinders kry, die nuwe klere in hulle nuwe sakke, warm storte en ‘n bed, die positiewe dissipline struktuur wat fokus daarop om erkening vir positiewe gedrag te gee, en dan die aanleer van sosiale vaardighede maak hierdie kampe lewensveranderend.
Na ‘n kamp sien die kinders  dat die lewe anders kan wees. ‘n Lewe waar hul veilig kan wees  sonder alkohol, dwelms en geweld. Die volle waarde en omvang van hierdie kampe is onmeetbaar en ons kan maar net terug staan en die wonderlike getuienis van God groot genade aanskou.

ELEOS hou hierdie kampe drie keer per jaar.
Kyk gerus op ons webwerf
www.eleos.co.za
vir verdere inligting of om as borg betrokke te raak.

Booysens.jpg

BOOYSENS BEERTJIES het pret.

‘n Groep donateurs van MD Services het ons Booysens Beertjies Kleuter groep in Februarie besoek. Laggies en speletjies was oral uitgedeel.
Die kleutertjies van 3-5 jaar is daagliks by die kleuterskool en ontvang die nodige opvoedkundige onderrig, terwyl hul mammas werk. Hier ontvang hul ook 2 etes per dag en die nodige remediërende onderrig indien nodig.

 

"Train a child in the way he should go: and when he is old, he will not part from it."
Proverbs 22 : 6

brei.jpg

AGAPE-damesgroep werk fluks.
 
Die dames in ons Agapé-groep hekel egte katoen waslappies, verpak dit met 'n sepie en verkoop dit vir R60.
Die dames is fluks en se hande staan vir niks stil nie.
Die opbrengs uit hierdie projek gaan weer direk na ons noodprojekte in Pretoria-Wes.
Voorraad is beperk.

Bestel by Hester Coetsee
083 236 6386

 
graduation.jpg


WELKOM MARINA

Marina van der Merwe is 'n maatskaplike werker en is vanaf Januarie deel van die ELEOS-Span.
Marina help ons ons mense met beursaansoeke, werkskeppingsprojekte en verdere opleiding.
ELEOS vat hande met ATTERBURY TRUST en Solidariteit HELPENDE HAND om studente te help.
 

" Education is the most powerful weapon which you can use to change the world."    - Nelson Mandela

 3 Naskool Projekte Blom

tieners.jpg

Ons 3 naskool groepe bied ‘n veilige hawe vir 60 kinders elke middag. Die verhouding wat ons personeel met die kinders bou is kosbaar. Hier word emosies uitgesorteer, behoeftes aangespreek en soms net liefde uitgedeel. Dit word ‘n huis weg van hulle eie huise af waar daar volwassenes is wat kan help met skoolwerk, luister na die dag se stories of sommer net lekker kos saam geniet.
 
Ons sentrums vir die behoeftige kinders van Genl.Nicolaas Smit Laerskool en Genl. Beyers Laerskool help die kinders met hul huiswerk en take en voorsien ook ‘n voedsame ete.
 
Die Hoërskool groep wat tieners bedien van Hoërskole Tuine, Hercules en Tuine Tegnies, asook Suiderberg Skool, vergader by ons Gemeenskapsentrum in Marketstraat. Dit is ‘n projek wat eers hierdie jaar begin het en het ons tans sowat 12 tot 16 tieners wat op ‘n gereelde basis die naskoolsentrum bywoon.
 
Die kinders kom vanuit die Booysens, Claremont en Gomorra areas en hulle behoeftes verskil. Vir sommiges is dit die enigste ete wat hulle vir die dag ontvang. Skoolklere en skoolskoene is ‘n groot behoefte, veral met die winter oppad. Die kinders se skoolklere is dikwels vanuit die skole se klerebank ontvang, juis omdat hulle soveel nood ervaar. Die klere is soms uitgewas en stukkend, skoene se sole is afgeloop en gaap dikwels van baie dra. ‘n Seun het in die somer elke dag met sy trui geloop in die snikhete van Januarie en Februarie. Ons het eers later besef dit is omdat hy slegs ‘n meisies hemp by die skool klere bank kon kry en het hy sy trui gedra omdat hy skaam was. ‘n Dogter het twee nommers skoolskoene te groot want mamma kan net een maal in haar hoërskool loopbaan skoene aankoop. Die stories is hartseer, maar die realiteit van ons wêreld.
 
Ons kinders is trots en hulle werk hard. By die naskool kan hulle net kinders wees en kry hulle die versorging wat hulle ‘n hupstoot gee sodat hulle op hulle skoolwerk kan fokus.
 
Ons poog ook om in vakansies projekte aan te bied wat die kinders blootstel aan nuwe ervarings en geleenthede. Dit is geleenthede wat kinders verder ontwikkel en hulle ervaringswêreld verbreed sodat hulle kan besef die wêreld is groter as net dit wat hulle elke dag ken.
 
Dankie vir elkeen se betrokkenheid wat dit vir ons moontlik maak om ons kinders se lewens te verbeter. 

Jou bydrae maak 'n verskil!
BAIE DANKIE.

JY.jpg